Feeds:
Bydraes
Comments

Toets is nou verby!

My toets van 3 maande is nou ten einde laaste verby, daar is redes wat ek nou nie almal mee gaan verveel nie, ek het so baie gelees op blog en hoe die STORIE werk en wat die mense eintlik oor skryf en met mekaar deel, dat ek heeltemal in vervoering geraak het met party se vernuf en skryf tegniek.

Inderdaad interresant, ek het ook die voorreg gehad om persone persoonlik te ontmoet, en was dit nou n BONUS !!!!……..OK ……….en dankie vir Mefri se geduld onder die koelteboom, ek hoop nie jy het ge-doedoe op jou kombersie nie. Sammi ek toets my hele lewe lank alles te lank en Ding wat n bobaas skrywer is, kan ek asseblief eendag saam met jou plaas toe gaan en saam op die stoep sit?

Ek is nie n boer nie, net many moons ago as jong mens vakansies ge-plaas en omdat ek soveel jare in die buiteland gewoon het (verskeie lande) en teruggekeer het na SA en my eie mense, het ek altyd deur die jare ‘n punt daarvan gemaak om myself en perspektief te kry deur PLAAS toe te gaan.

Onder andere het ek in Japan gewoon, en my twee oudste kinders het daar skool gegaan en verjapannees. My oudste, ‘n seun, was ‘n uitstekende baseball speler, op 10 jaar oud die taal in rekord tyd bemeester, asook die skrif. Die dogter was ‘n kleuter en na 6 maande het ons huistaal Japanees geword en die baba boetie het nie ‘n woord Afrikaans of Engels gepraat nie, dus het ek skielik met 3 Jappie kinders gesit. As jong Afrikaanse vroutjie het ek ook maar vinnig my tong laat klap in die taal.

Alles om my en by my in geheel was Oosters, my gunsteling kosse vergete, my lewensstyl en eie ek was tydelik op die agtergrond geskuif. Ek was in die diep kant gegooi om self my pad te wandel, want manlief is ‘n Japanees, hy het ons gesin in ‘n baie mooi plek gevestig en is vir ‘n jaar na die buiteland om te werk. Dit was my grootste uitdaging van my lewe, maar ek beskou dit ook as baie bevoorreg, die kennis wat ek opgedoen het, die absolute verfynde en gedissiplineerde hoë graad onderwys en opleiding wat die kinders ontvang het, die waardes en norme van die land en sy mense het baie beteken en dit is duidelik in almal van ons se opvattings en lewe vandag.

Ek wil graag die res ook deel met die mense wat belangstel of in dieselfde situasie was. Ek gesels ook graag oor my verblyf in Duitsland, Brazil, Yugoslavia, Oostenryk en Suid Afrika… natuurlik. Oor alles en nog meer… die mens, sy lewe en opinies… en ook oor Leryn, want ek noem myself ‘n Harlekyn… :lol:

Sien uit na mense wat wil chat met die ‘Kyn en ‘n glas rooi wyn… ek is mal oor musiek, kuns, hoogtes en laagtes in alle domeine! In n bree spektrum van menswees…

Sayoonara!

Eerste Hello

Net ‘n toets om te sien hoe lyk my eerste post :lol: